Community Projects

ONTMOET ONS EERSTE SENIOR PROJEK

Die Timmermans

Pieter en Bokkie is ons eerste seniors aangesien hulle mense is metdeursettingsvermoë, ‘n voorbeeldige leef styl en integriteit, en die impak wat hulle maak op elke persoon se lewe waarmee hulle in aanraking kom is duidelik opsigetlik. 

Pieter en Bokkie is 76 jaar oud en getroud. Hulle het drie standvastige welopgevoede seuns waarop hulle met reg trots kan wees.  Hulle is geseënd met sewe kleinkinders.

In die elf jaar wat ons as gesin die pad met die Timmermans stap het ons mense ontdek met harte van goud.  Ons het ook ontdek dat Pieter se hande vir niks stilstaan nie.  Min mense in die Garsfontein area is bewus van hom.

As jy ‘n ouer voertuig het, is hierdie die persoon om dit vir jou op die pad te hou.  Enige voertuig wat nie elektroniese koppelinge by betrokke het nie – glo my, bring dit vir Mnr Pieter.

Kom ons ondersteun ons Seniors in ons omgewing.  DAMES, HIER IS ‘N BONUS.  Alle dames bokant 50 wat niks het om te doen op ‘n Woensdag oggend tussen 10:00 en 12:00 nie, Bokkie hou by hulle huis die mees interesantste Bybelstudies.  Sluit aan by die dames.

Albei kan gekontak word op 012 998 8977.